News

Die Vrystaatse polisie sê die 19-jarige Kamogelo Baukudi is met sy ma herenig. Baukudi is op 5 Junie in Bloemfontein ontvoer nadat hy by die skool opgelaai is. Die polisie het hom vanoggend tydens ‘n ...
Die polisie in die Vrystaat het bevestig dat die 19-jarige Kamogelo Baukudi, wat op 5 Junie in Bloemfontein ontvoer is, vanoggend lewend in Wepener gevind is. Die Graad 11-leerling van die Martie du ...
Opruimingswerk en skadeberaming gaan in dele van die Wes-Kaap voort, na swaar reën en sterk wind die afgelope dae wat duisende inwoners geraak het. Die hulporganisasie, Gift of the Givers sê sy spanne ...
Die woordvoerder vir die DA, Willie Aucamp, sê dit is hoog tyd dat president Cyril Ramaphosa besef dat hy nie meer alleen regeer nie. Aucamp se opmerkings volg op die afdanking van die DA-lid Andrew ...
Spanne van Gift of the Givers begin vandag met ‘n volskaalse humanitêre operasie by Saldanha aan die Kaapse Weskus, ná oorstromings in die Middelpos-informele nedersetting. ‘n Woordvoerder, Ali Sablay ...
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, saam met ander senior offisiere by die O.R. Tambo-lughawe in hegtenis geneem is.
Die Nasionale Vergadering het vanmiddag die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste aanvaar. Die wetsontwerp gee regskrag aan die verdeling van inkomste tussen die nasionale, provinsiale en ...
Die DA het ‘n ultimatum van 48-uur aan President Cyril Ramaphosa gestel om ANC-kabinetslede wat met korrupsie verbind word, af te dank. Indien dit nie gebeur nie, sê die DA hy sal sy deelname aan die ...
Gesondheidsowerhede in Gaza sê minstens 21 Palestyne is vandag in die Gaza-strook dood. Nege mense is dood in ‘n lugaanval op ‘n skool wat ontwortelde families in Gaza Stad gehuisves het, terwyl nog ...
Die Johannesburgse burgemeester, Dada Morero sê hoewel daar uitdagings met dienslewering in die stad is, het hy geweet dat ‘n mosie van wantroue teen hom sou misluk. Die DA het die wantrouemosie teen ...
Die adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, is as adjunkminister afgedank. Whitfield is ‘n lid van die DA. President Cyril Ramaphosa het Whitfield bedank vir sy diens as ...
‘n Polisiekonstabel is by Leeu Gamka in die Wes-Kaap in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. ‘n Polisiewoordvoerder, Joseph Swartbooi sê die 31-jarige konstabel het ‘n verdagte wat in hegtenis ...